
VENTER FEES
ONS GAAN TROUE HOU!
vier saam
SATERDAG 30 SEPTEMBER 2023
by
LANDTSCAP, STELLENBOSCH
KLEREDRAG
formeel
KONTANT KROEG
sal beskikbaar wees
SEREMONIE
begin stiptelik
15:00
arriveer asseblief vanaf 14:30
GESKENK IDEES
Ons nessie is al klaar geveer, maar 'n geldjie sal ons baie waardeer.
JM Venter
FNB Cheque
62394526407
Taknommer: 250655


TROU VENUE
LANDTSCAP
STELLENBOSCH
GPS koördinate: 33° 54' 18.666" S, 18° 47' 32.4816" E
Neem kennis dat daar 'n hek tussen Landtscap en Devon Valley is waartoe Landtscap nie toegang het nie.
Ons beveel dus aan dat gaste die inrypad via Devonvale gebruik.
VERBLYF
Devonvale Golf and Wine Estate
Kunjani Cottages
Devon Castle
Casa Mori
Vine Guesthouse
Groenvlei Guest Farm
VERVOER
'n Bussie sal beskikbaar wees om gaste vanaf Landtscap na Stellenbosch middedorp te vervoer.

RSVP ASSEBLIEF TEEN 30.06.2023

ONS STORIE
Maarten en Petro se liefdesverhaal begin by die Neelsie Kwikspar in Stellenbosch. Petro het tydens haar studies deeltyds by die Universiteit gewerk en was 'n gereelde kliënt by die winkel. Maarten staan elke middagete getrou by die ingang van die winkel. Uit die duisende studente wat elke dag sy winkel besoek, vang Petro Maarten se oog.
In die maande wat daarop volg, besoek Petro steeds niksvermoedend die winkel terwyl Maarten haar op die winkel se sekuriteitskameras dophou. Een Vrydagmiddag in Februarie stap Petro en haar kollegas oudergewoonte die winkel binne om gou 'n toebroodjie vir middagete te koop. Maarten is eintlik al oppad huis toe, maar toe hy vir Petro gewaar besluit hy dis nou of nooit: vandag moet hy met hierdie meisie gesels!
Met 'n bemarkingspraatjie as invalshoek, stel hy hom aan die dames voor en versoek vriendelik of hulle tevrede is met die diens wat hulle ontvang. Gelukkig sien Petro se kollegas dat Maarten net oë het vir Petro en maak hulle stilletjies uit die voete. Uitendelik alleen, vertel Maarten vir Petro dat hy haar nou al 'n paar keer in die winkel gesien het en dat hy haar graag sal wil neem vir 'n koppie koffie. Sy stem in en hulle spreek af om mekaar by Basic Bistro in Kerkstraat te ontmoet.
Koffie word toe eerder 'n glasie wyn (om die senuwees te bedaar) en die twee kuier heerlik saam. 'n Tweede en derde afspraak volg, maar na 'n soen by 'n Spoegwolf konsert is die koeël deur die kerk.