
CHENÉ EN WIKS
ONS GAAN TROUE HOU!
vier saam die naweek van
28 FEBRUARIE 2025 - 2 MAART 2025
by


ONS STORIE
Soos hulle sê, “Alle Namibiërs ken mekaar!” Die eerste ontmoeting nie altyd soos wat n man dit beplan nie, moes Wiks maar tevrede wees toe hierdie mooi Pretoriaanse meisie, nuut in Namibia, hom uitbowl in n krieketwestryd in graad 5. Kop tussen die bene is hy maar huis toe, en wag toe vir sy volgende kans op matriek vakansie.
Na 'n week saam in die Kaap, is dit Wiks wat haar voete onder haar uitbowl, so erg dat sy na 100km omdraai vir nog een laaste soen. Met hulle hele lewens voor hulle, Chené in Stellenbosch en Wiks in Potch, en eerste jaar te lekker, bly hulle toe eers vriende. 'n Jaar later op die bekende Potch na Stellenbosch trein toer loop hulle mekaar weer raak, en dis daar wat dit voel of hulle mekaar nooit gegroet het nie.
Na 2 jaar se lang afstand verhouding met baie ups & downs, min sakgeld want petrol is duur Kaap toe, gaan boer Wiks in Amerika en eweskielik is die 1500 km tussen Potch en Stellenbosch nou 15 000km. Chené kon dit nie hou nie en toe sy haar oë uitvee toe boer sy saam. Dis net daar waar Wiks 100% seker was dit is sy trouvrou-sy kan kos maak, hekke oopmaak en as sy moet sal sy solank vuur maak.
Hierdie storie is net die begin van hulle pad saam. Ná jare van afwagting, langafstandverhoudings, en ongelooflike avonture aan beide kante van die wêreld, het Wiks besluit dit is tyd om die volgende stap te neem. In die pragtige natuur van Okapuka, omring deur Namibië se wye vlaktes, wat hulle albei nou “huis” kan noem, maak hy sy knie vuil en vra of sy vir altyd aan sy sy sal wees.
Met geen twyfel in haar hart, het sy "Ja!" gesê. Nou, met groot opgewondenheid en 'n diep liefde vir mekaar, is hulle gereed om die res van hul lewens saam deur te bring – hand aan hand, altyd gereed vir die volgende avontuur, met ‘n lewe vol lag, liefde en gesamentlike drome.
DIE VENUE
Die venue is op die R320, 25km uit Caledon op pad Hermanus toe in die Hemel & Aarde Vallei. Aangeheg ‘n kaart dat julle nie verdwaal nie.


VERBLYF
Al 140 gaste bly by Caledon Hotel and Spa in Caledon.
Ons hanteer al die besprekings en sal ook die kamers indeel.
Verblyf is vir Vrydag- en Saterdagaand. Alle gaste kan vanaf Vrydag om 12h00 inboek, en Sondag teen 10h00 uitboek.
Kostes vir die naweek:
R2 400.00 per persoon.
Dit sluit 2 aande se verblyf, 2 oggende se ontbyt, asook die ete by De Vette Mossel in. Die gaste wat reeds ‘n betaling gedoen het, sal julle asb die verskil inbetaal.
Betaling:
EFT asseblief in een van die twee rekeninge. Gebruik asseblief jou naam as reference.
NAM betalings:
J DE WET
FNB
62234XXXXX
BRANCH: 280XXX
SA betalings:
J DE WET
ABSA
40506XXXXX
BRANCH: 632XXX
DIE TROUDAG
Vrydag 28 Februarie 2025
Arriveer vanaf 12h00.
Die bussies sal van 14h00 by die hotel wees, om gaste na die venue te vervoer.
Na die laaste verigtinge sal bussies deur die loop van die aand beskikbaar wees om gaste na die hotel te neem.
KLEREDRAG
SEMI - FORMEEL
Pastel kleure (sien kleur skema wat volg)
Geen neutrale rokke en hemde (wit, swart, bruin, cream)
KROEG
Kontant kroeg
Kaart fasiliteite

VERLOOP VAN DIE DAG

16:00
WE DO
SEREMONIE
Die Woud (by The One)
Kom bymekaar voor die woud vanaf 15:30

19:00
WE EAT
ONTHAAL

21:00
WE DANCE
FEESVIERING


SATERDAG
1 Maart 2025
Geniet 'n rustige oggend by die mooie Caledon Hotel and Spa. Gaan draf, swem, of bederf jouself by die spa.
Ontbyt sal beskikbaar wees van 07:00 tot 10:00.
Die bussies sal 11:00 by die hotel wees, waar hulle ons almal oplaai en ons De Vette Mossel toe vat.
Hier sal ons van 12:00 tot laat saam kuier as familie en vriende, met die lekkerste seekos en wyn.
Daarna sal die bussies ons terugvat hotel toe. Indien iemand nog iets wil eet, sal dit op eie onkoste wees by die hotel.
SONDAG
2 Maart 2025
Ontbyt is van 07:00 - 09:00 voordat almal in die pad val.
Uitboek tyd is om 10:00.
KINDERS EN METGESELLE
Slegs per uitnodiging


GESKENK IDEES
Jou teenwoordigheid by ons troue bly steeds ons grootste geskenk, dit beteken die wêreld vir ons. Indien jy graag iets wil bydrae sal 'n geldjie in die sak beter wees as 'n geskenkie op die rak.
BANK BESONDERHEDE
RSA
ABSA Bank Besonderhede
CC DE WET
ACC no: 4096755091
Cheque acc
NAM
FNB Bank Besonderhede
CC DE WET
ACC no:64281811206, Savings
EFT of kontant op die dag is welkom. Indien jy EFT, gebruik asb jou naam as die reference.
