
ADOLF
EN
JULI
ONS GAAN TROUE HOU!
vier saam
SATERDAG 2 DESEMBER 2023
NG KERK GOUDINI, RAWSONVILLE
&
DIE OPSTAL ESTATE, SLANGHOEK
KLEREDRAG
ALL-BLACK
mans: black tie
dames: cocktail / semi-formal
SEREMONIE
begin stiptelik
16:00
en sal plaasvind by NG Kerk Goudini, Rawsonville.
Arriveer asseblief teen 15:30
KROEG
kaart fasiliteite
kontant word ook aanvaar

ORDE VAN DIE DAG


GESKENK IDEES
Indien jy 'n huweliksgeskenk wil voorsien, sal ons dit waardeer as jy 'n finansiele bydra kan maak waarmee ons aan ons toekoms saam kan bou.
Jou teenwoordigheid bly ons grootste geskenk en ons is dankbaar vir elkeen wat die moeite gedoen het om die dag met ons te deel.
BANK BESONDERHEDE
J Vercuiel
Capitec Bank
Savings Acc
TROU VENUE

SEREMONIE
NG KERK GOUDINI, RAWSONVILLE
9 Van Riebeeck St, Rawsonville
gps koördinate: 33° 41' 2.7708" S 19° 18' 39.402" E
vind NG Kerk Goudini op Google Maps
ONTHAAL
OPSTAL ESTATE & RESTAURANT, SLANGHOEK
Slanghoek Rd, Valley Africa, Rawsonville
gps koördinate: 33°38'21.4"S 19°13'42.2"E
vind Opstal Estate & Restaurant op Google Maps
RIGTINGAANWYSINGS VANAF NG KERK RAWSONVILLE NA OPSTAL ESTATE & RESTAURANT
-
Vanaf Van Riebeeckstraat, draai links op Brandstraat in die rigting van Slanghoek.
-
Gaan voort op Slanghoekweg by die kruising van ou N1 pad en Slanghoekweg.
-
Volg Slanghoekweg vir ongeveer 10 km.
-
Opstal Estate en Restaurant sal aan jou linkerkant wees.
As u vanaf Kaapstad ry, onthou asseblief kontant of krediet kaart vir die Hugenote Tonnel (R44.50 per rit per ligte motor). Geen debietkaarte word aanvaar nie.
VERBLYF
VERVOER
Daar sal n shuttle beskikbaar wees vanaf Opstal tot in Rawsonville na die aand se kuier.

AKTIWITEITE IN DIE OMGEWING


RSVP ASSEBLIEF TEEN 20 AUGUSTUS 2023


STROOIMEISIES

ELRETTE DU PLESSIS
hoof-strooimeisie
Elrette en Juli is basically al maats vanaf virewig, nee letterlik. Hulle het ontmoet in graad 1 & saam tot in matriek 'n pad gestap. Na skool het hul saam gaan swot en met dieselfde graad op geeindig. Elrette staan al by Juli deur haar beste en heel slegste tye. Juli beskryf Elrette as die definisie van "TE" , sy is TE eerlik, TE lojaal, TE veel Sharpay Evans, TE awesome. Elrette is die definisie van 'n hypegirl en regtig so na aan Juli se hart.

CARISA LIEBENBERG
strooimeisie
Carisa is Juli se DMC maatjie. Haar sielkundige, haar skouer om op te huil en net 'n all-round champ. Juli & Carisa was saam op hoerskool & het in gr11 & matriek saam in die klas almal geirreteer met hul konstante gechattery. Carisa is 'n all-in maatjie en 'n virewig maatjie. Sy is altyd daar vir Juli en is altyd daar met die tea (iykyk). Juli & Carisa het mekaar al hopeloos te veel sien huil & lag in dieselfde gesprek.

NADIA VISSER
strooimeisie
Nadia is Juli se pliggie maatjie van Gr 8 toe hul saam in die NW klas popcorn en jellybabies geeët het en besef het hul is heeltemal verskillend, maar hul vriendskap het net GEBLOM van toe af. Nadia is 'n staatmaker & die mamma in die vriendekring. Sy is real as can be & is altyd keen vir 'n lang voicenote of 5. Nadia is ongelooflik binne & buite.

SHANI MATTHEE
strooimeisie
Baie meer as net 'n bridesmaid. Juli se ousus. 'n Persoon met die mooiste en sagste hart. Die beste mamma van kloein baba Lukie en die persoon wat Juli ken van dag 1. Sy ken die tantrums, die hard lag, die stoutwees & sy ken Juli se hart so so goed. Shani is natuurlik stunning van buite, maar haar ongelooflike hart is wat haar maak uitstaan. met 1 miljoen sussie memories, is daar nog baie baie om te kom.

ANGELIQUE MOLLER
strooimeisie
Angelica, die sister van 'n ander mister. Die persoon wat Juli die kortste ken maar so so so diep lief het. Angie is bewys dat vriendskap nie in jare gemeet kan word nie, Angie is 'n bewys dat mens daai once in a lifetime vriendin sommer so perongeluk kan raakloop. Angie is ongelooflik hardwerkend, lojaal, snaaks, weird en net die beste avontuur maatjie. Sy is altyd reg vir 'n impulsiewe besluit & is regtig 'n lig in Juli se lewe.