top of page

FANIE

&

MIA

The Wedding

Ons gaan troue hou!

vier saam

 SATERDAG 25 MAART 2023 by MURASIE, GANSBAAI

The Wedding

KLEREDRAG

semi-formeel

KROEG

kaart fasiliteite
kontant en SnapScan word ook aanvaar

SEREMONIE

begin stiptelik 

15:30

arriveer asseblief vanaf 15:00

ORDE VAN DIE DAG

ORDER.png

GESKENK IDEES

Julle teenwoordigheid bly ons grootste geskenk en ons is dankbaar vir elkeen wat die moeite gedoen het om die dag met ons te deel. Sou julle graag 'n geskenk wil gee, sal ons 'n kontant bydrae waardeer om te help met die opsit van ons eerste huis.

Miss SM Julyan.
Investec Bank Limited.

Current Account.

Account #: 10012823785.

Branch code: 580105

TROU VENUE

murasie.png

gps koördinate: 34° 36' 28.0044" S 19° 33' 9.1008" E

vind Murasie op Google Maps

Murasie is in die Strandveld area geleë, sowat 15km vanaf Gansbaai en 4km vanaf Baarskeerdersbos. 

 

Wees asseblief versigtig vir aankomende verkeer as julle regs van die hoofpad afdraai Murasie toe (dit sit op 'n draai).

VERBLYF

Vind gerus n lys van verblyf opsies hier

VERVOER

John Heyneke 063 459 8291

Leon 083 234 2961

Quinton 084 455 9019

A-80.jpg
RSVP

RSVP ASSEBLIEF TEEN 10.02.23

A-124.jpg
A-127.jpg
A-89.jpg
A-51.jpg
Story

ONS STORIE

Fanie en Mia se paaie het gekruis as Stellenbosch studente. Tipies eerstejaar, moes Fanie deelneem aan Minerva Dameskoshuis se jaarlikse Manneveiling - 'n fondsinsameling waar een man van elke koshuis op 'gebie' word met die hoop om hom Huisdans toe te nooi.

 

Mia het daardie aand nou wel nie geld op Fanie gesit nie (so sê sy), maar die beeld van Faan op die 'catwalk' met sy oranje 'Eer die Arend' Eendrag onderbroek het wel by haar vasgesteek. Jare later ontvang Fanie heel uit die bloute 'n 'Follow' op Instagram van @mia.julyan. Na bietjie navorsing en 'n vinnige Facebook stalk, vind Fanie uit via Wilhelm Bronn (ook 'n oud Gimmie) dat Mia 'n 'bitter goeie meisie' is en dat Fanie 'definitief moet lyn gooi'.

 

Die boodskap was gestuur en hulle het die volgende dag ontmoet en 'n drankie na werk gaan drink. So het die een kuier gelei tot die volgende. Op die 21ste Augustus 2022 het Fanie die knie geknak en vir Mia die groot vraag gevra op die plaas in die Oos-Kaap.

 

Fanie en Mia se liefdesreis het sopas maar net begin. Hulle kyk met verwagting uit as beste maats en sielsgenote om al die verskillende hoofstukke van die lewe saam aan te pak.

WHO MADE THE FIRST MOVE?

Fanie sê Mia, Mia sê Fanie. Lees die storie en besluit julle self!

STROOIMEISIES

MINKE MEISSENHEIMER
maid of honor

Skoolvriendin, hartsvriendin, mense-mens en altyd-op-standby mooi-maker. Minke se sin vir humor, gasvryheid, lekker kos en deur wat altyd oop staan maak haar so geliefd by almal. My klankbord, steunpilaar en onvervangbare vriendin. Dankbaar vir elke klein dingetjie.

JENNIFER JULYAN 
bridesmaid

Skoonsus, spesialis prostodontis en all-round-super-woman. Jen se liefde, omgee en moeite met mense is wat maak dat sy dadelik onder jou vel inkruip. Al wen sy altyd in elke lucky draw, wen jy met haar in jou lewe. Vir 'n beter skoonsuster en vriendin kan niemand vra nie.

MICHELLE HEYNS 
bridesmaid

Hulle sê ‘n haarsny is so goed soos ‘n vakansie - in hierdie geval was 'n impulsiewe haarsny by Michelle beter as 'n vakansie, want ek het 'n kosbare vriendin by gekry. Avontuurlustig, aktief, en 'n 'go-getter', maar met die sagste hart. Mooiste mooi mens van binne en buite, sy laat behoorlik koppe draai.

Marieke_edited.jpg

MARIEKE TEESSEN
bridesmaid

Stellenbosch se gunstelling prokureur en ‘fitness queen’. Die eerste keer in die gange van Minerva raakgeloop, toe die strate in Thailand verken, en steeds besig om die lewenspad deur elke nuwe fase saam met my te geniet. Met 'n hart van goud en aansteeklike glimlag is sy 'n lig in almal se lewe.

LINMARI OPPERMAN
bridesmaid 

Saam geswoeg, gesweet en geswot. Tussen Neelsie koffies en jare se klasloop het 'n onbreekbare vriendskap gevorm. Eerlik en opreg met 'n oor wat altyd bereid is om te luister. Kleindorpie dromer, sout van die aarde mens, met die mooiste blou oë wat niemand kan miskyk nie.

STROOIJONKERS

Albert.jpg

ALBERT VAN RENSBURG

best man

Voormalige kamermaat, klasmaat, duiker buddy, Afrika toergids en Best Man. Albert is bekend vir sy liefde vir die see, die Cederberge, en 'n ekstra koel Robertson papsak. Geken vir sy gladde bek en skaterlag stories, hy sal seker maak dat die partytjie altyd lekker is.

TIM ALLAN 
groomsman

Grootwild jagter, kleinvissie vanger, bergfiets ryer en fairway finder. Tim deel Fanie se liefde vir jag en die natuur en maak seker dat hy nooit die lewe te ernstig opneem nie. Tyd het 'n manier om verby te vlieg wanneer jy met Tim gesels, behalwe op die dansvloer waar hy 'n paar gevaarlike 'moves' uithaal.

Wilhelm_edited.jpg

WILHELM BRÖNN  
groomsman

3de en 4de jaar kamermaat, Eagles rugby spanmaat, 'n skoonma se droom en bekend vir alles mooi in toom. Sterk oppad om hoof van De Doorns se tafeldruif mafia te raak. Wilhelm is 'n vriend soos min, die staatmaker van die span, en altyd bereid om die ekstra myl te loop om jou te help.

WERNER REYNEKE 
groomsman

Die lengendariese verhale van Werner 'Koggelram' Reyneke loop nog steeds in die gange van Eendrag. Kranige voëlkyker, uitstekende fotograaf, 'n goeie sin vir humor en vol van stories. Werner is die 'boer maak n plan' man van die span en die skerpste van die lot.

BALTHAZAR KLOPPERS
groomsman 

Rugby, krieket, sokker, atletiek - Tarzi laat alles maklik lyk. Die blueprint van die Aryan race, hartebreker van Stellenbosch en Eendrag se trouman van die jaar. Tarzi deel Fanie se liefde vir sport en community. 'n Diep denker en man wie seker maak die manne in die groep hou altyd by hul waardes.

bottom of page