
RENIEL & MICAELA
ONS GAAN TROUE HOU!
vier saam
SATERDAG 31 AUGUSTUS 2024
by
JOUBERTSDAL COUNTRY ESTATE,
SWELLENDAM
SEREMONIE
begin stiptelik
14:30
arriveer asseblief vanaf 14:00
KONTANT KROEG
Kaart fasiliteite beskikbaar
KLEREDRAG
SEMI-FORMEEL
Mans: Ons vra dat daar geen denims gedra sal word nie.
Dames: Tooi jouself in bright, bold & flambojant. Sien hieronder ons kleurskema;

VERLOOP VAN DIE DAG


GESKENK IDEES
Jou teenwoordigheid by ons troue is ons grootste geskenk. Alhoewel, indien jy ons wil seën met 'n geskenk, sal 'n geldjie in die sak beter wees as 'n geskenkie op die rak. Daar sal wel ook 'n geskenk tafel en 'n posbus wees. Hier is ons bankbesonderhede:
Discovery Bank
Takkode: 679000
Spaar rekening
Rekening houer: GF de Wet
Rekening nommer: 18324XXXXX.
Indien julle die geskenk wil eft asb gebruik jou naam as verwysing.
KINDERS EN METGESELLE
Slegs per uitnodiging
TROU VENUE
JOUBERTSDAL COUNTRY ESTATE,
SWELLENDAM
GPS koördinate: S33° 59′ 03.66″ E20° 17′ 00.67″
vind Joubertsdal Country Estate op Google Maps

VERBLYF
Joubertsdal (neighbouring farm)
Janharmsgat Country House (Noem 'Joubertsdal’ tydens die besprekingsproses om afslag te kry)
VERVOER
Shuttle dienstes is beskikbaar.
Wees eerder veilig en bespreek 'n taxi vir die rit huistoe na die groot partytjie.
Kontak gerus vir:
Swellencab (Hannes Tops) | 0780994966
Faizel Taxi Services | 0723294556
PLAASLIKE AKTIWITEITE
Swellendam is n pragtige dorpie vol unieke aktiwiteite. Hier is n paar voorstelle:
Saterdae van 9h00-13h00
bied aan heuning proe terwyl mens die bye kan aanskou, en leer hoe heuning gemaak word.
Beste roosterkoek by Oude Post Bistro
Liqueur proe by Wildebraam Berry Estate
Kano, roei, zipline, 'microlighting' en bootvaart by Umshanti, Buffelsjags Dam.
Vars koffie en Pasteis de Nata by Tredici.

VRYDAGAAND BRAAI
Ons gaste kom van heide en verre vir ons groot dag, daarom sal ons graag die naweek op n gesellige noot wil afskop!
Kom kuier saam:
Vrydag 30 Augustus 2024
16:00 - 21:00
Vleis en bykosse sal voorsien word.
Bring asseblief jou eie drinkgoed en 'n kampstoel.
Vure word 16h00 aangesteek.
Aangesien Saterdag die groot dag is, vra ons dat die bruid, bruidegom, ouers en gevolg verskoon word na 21h00.
Indien ons u as 'n paartjie genooi het, insluitend kinders, vul asseblief alle name in op die RSVP.

RSVP ASSEBLIEF TEEN 02.06.2024

ONS STORIE
Micaela en Annemi, Reniel se sussie, het mekaar in hul 4de jaar op universiteit (Potch) ontmoet deur gemeenskaplike vriendinne en op die manier in dieselfde vriendekringe beweeg. Alles het eintlik begin toe Annemi vir haar boetie dringend 'n metgesel moes reël vir 'n troue in Groblersdal, terwyl hy op daardie stadium sy klerkskap in Stellenbosch gedoen het.
Alhoewel Annemi en Micaela mekaar nog nie lank geken het nie, het Annemi dadelik geweet dat Micaela die perfekte metgesel vir Reniel sal wees. Toe Annemi vir Micaela vra of sy saam met Reniel sal gaan, was Micaela salig onbewus daarvan dat Annemi 'n boetie het. Micaela was eers bietjie huiwerig om saam met 'n wildvreemde man te gaan, maar het toe ingestem, na aanmoediging van haar sussie, Chanel, sonder om eers te weet wat Reniel se naam is. Lang storie kort, die troue was toe so lekker dat Reniel twee weke na die troue weer opgevlieg het van die Kaap af om Micaela se ouers te gaan ontmoet op hulle plaas naby Stella in die Kalahari (Oom Pieter, Micaela se pa, wou darem eers die mannetjie van aangesig tot aangesig ontmoet voordat sy dogter vir 'n wild vreemde man in die Kaap gaan kuier).
Drie maande later het Reniel, Micaela gevra om sy meisie te word. 'n Langafstand verhouding van 2 jaar het gevolg, omdat Micaela pas begin het met haar meestersgraad in Pretoria, terwyl Reniel nog besig was met sy klerkskap in Stellenbosch. En na twee jaar waar hulle FlySafair se grootste ondersteuners was om bymekaar te kuier, ure lange video calls en baie trane van totsiens sê by die lughawe, het die Here hulle geseën deur Micaela te plaas in die Paarl naby Reniel om haar gemeenskapsjaar te doen.
En nou staan die twee op trou!