
ARRIE & BIANCKE
ONS GAAN TROUE HOU!
vier saam
SATERDAG 27 April 2024 by DIE WOUD, CALEDON
KROEG
slegs kaart fasiliteite
SEREMONIE
begin stiptelik
16:00
arriveer asseblief vanaf 15:30
KLEREDRAG
semi-formeel
hou asseblief by die volgende kleurskema:
GESKENK IDEES
Julle teenwoordigheid bly ons grootste geskenk en ons is dankbaar vir elkeen wat die moeite gedoen het om die dag met ons te deel. Indien julle graag 'n geskenk wil gee, sal ons 'n kontant bydrae waardeer om te help met die begin van ons lewe saam.
B. Wessels
First National Bank
Current Account
Account #: 62451382891 Branch code: 250655
TROU VENUE
Die Woud is in Caledon gelee en sal aan jou regterkant sit soos jy met die N2 van Stellenbosch/ Kaapstad se rigting kom.
VERBLYF
Aangesien Die Woud nie verblyf op die perseel het nie, sien asseblief hier onder 'n paar voorstelle van verblyf in Caledon wat deur julle bespreek kan word:
Mossienes
The Pepper Tree
Swartberg Guest House
Ammabed Accommodation
Kelkiewyn Guest House Caledon
VERVOER
Daar sal 'n bussie wees wat gaste van en na hulle verblyf in Caledon sal neem op die dag van die troue, sodat ons almal die aand behoorlik kan geniet. (Teen geen ekstra koste vir die gaste)
Sien asseblief die skedule hier onder:
Voor die seremonie:
14:30; 15:00; 15:30
Tydens/Na die onthaal:
22:30; 23:30; 24:00

RSVP ASSEBLIEF TEEN 15.01.24




ONS STORIE
Wie sou kon dink dat net nog ‘n jolige aand in Stellenbosch die begin van Arrie en Biancke se sprokiesverhaal sou wees? Hulle het as twee BRek-studente ontmoet en na ‘n Neelsie-koffie, ‘n paar studeersessies by die bib. en ‘n Dagbreek-huisdans het altwee die skoot hoog deur gehad.
Arrie was van die begin af mal oor Biancke se omgee-hart, mooi glimlag en hulle saamlag-sessies. Wat Biancke getref het, was die aand toe Arrie vir haar ‘n draadhartjie SS toe gebring het en hulle vir ure sit en gesels het.
Vandag, vier jaar later, het die paartjie ‘n pandemie, vier grade en ongelooflike gelukkige tye saam beleef. Hulle kyk met groot verwagting na die toekoms om as sielsgenote hul lewensreis as beste vriende aan te pak.